[go back to previous page]

Sakeliga / Business League 2019/20

Friday, 06 December 2019 15:33

Die 2019/20 somerseisoen se sakeliga is voltooi oor vier Woensdagaande vanaf 6 November en die finaal op 4 Desember 2019. Die toernooi word twee maal jaaarliks ( Feb en Nov) aangebied vir nie-rolbalspelers en is geweldig gewild onder die deelnemers en dien as goeie spanbou vir sakeondernemings.

Die 14 bane van die twee perke was elke aand ten volle beset deur 28 spanne bestaande uit 112 entoesiastiese spelers, jonk en ouer, van beide geslagte uit die dorp se sakegemeenskap. 

Mededinging tussen die spanne was fel en die gehalte van die spel was uitstekend. Een en twintig spanne het 30 punte of meer in die finaal behaal en die Vanderbylbergh-span met 48 punte het die kompetisie gewen. In die tweede plek was die Loxton Damduikers-span met 43 punte gevolg deur die Bex Group-span in die derde plek met 41 punte. Slegs die Vanderbylbergh-span het verlede jaar in die eerste drie plekke ge-eindig.

Soos tydens vorige jare is daar weer plesierig sosiaal verkeer en lekker gesmul aan tuisgemaakte kos. 

Die volgende toernooi vind in Februarie 2020 plaas en is reeds vol bespreek.

Fotos wat gedurende die sakeliga geneem was kan hier besigtig en afgelaai word.

The 2019/20 summer season's business league is completed over four Wednesday evenings from November 6 and the final on December 4, 2019. The tournament is held twice a year (Feb and Nov) for non-bowling players and is hugely popular with the participants and serves as a good team-building for businesses.

The 14 rinks of the two greens were fully occupied each night by 28 teams consisting of 112 enthusiastic players, young and older, of both genders, from the town's business community.

Competition between the teams was very competitive and the quality of the games were excellent. Twenty-one teams scored 30 points or more in the final and the Vanderbylbergh team won the competition with 48 points. In second place was the Loxton Dam Divers team with 43 points followed by the Bex Group team in third place with 41 points. Only the Vanderbylbergh team finished in the top three places last year.

As in previous years the players had fun socialising and enjoyed delicious home-cooked food.

The next tournament will take place in February 2020 and has already been fully booked out.

Pictures taken during the business league can be viewed and downloaded here.

Download attachments: