[go back to previous page]

Memoriam vir Wium (Mossie) Mostert

Monday, 19 August 2019 15:06

Jannie Malan, ‘n jarelange lid en President van die Van der Stel Rolbalklub, het oom Mossie sedert 1970 geken en was saam met hom betrokke by atletiek op Stellenbosch. Jannie vertel dat sy telefoon op ‘n dag gelui heten die stem sê: “Hi Jannie Malan (my Bru was sy woorde)  dit is Mossie hier. Ek hoor jy is by rolbal betrokke.  Ek wil kom rolbal speel kan ek more kom?  Net so.  Toe was hy 86 jaar oud.  Ek was bietjie sprakeloos want hoe rig jy nou iemand af wat op 86 besluit om vir die eerste keer te begin speel.  

Omdat hy sy lewe lank sport afgerig het, het hy die begrippe van momentum en deurvolg en kry jou lyn ensovoorts uiteraard onmiddellik verstaan en sommer na so 2 sessies begin speel.  Goed genoeg om ons uit te help wanneer nodig.  

Eers het hy self klub toe bestuur en NOOIT 'n kans gemis nie.  Dit was BAIE belangrik vir hom om uit te kom en saam met ons sport te beoefen.  Toe hy nie mag bestuur het nie het Faan Jordaan, ek en van die ander ouens maar veral Faan hom gaan oplaai en klub toe gebring.”